PWL Aanlyn

Webtuistes

Hieronder is 'n lys van webtuistes waar die PWL bybel beskikbaar is. Let asseblief daarop dat hierdie webtuistes nie direk geaffiliëer is met die PWL nie, en dus is die informasie op hulle nie noodwendig akkuraat of opdateer nie. Ons kan ook geen verantwoordelikheid vat vir enige informasie op hulle wat nie PWL-verwant is nie.

BibleHub

BibleHub is 'n Bybel-studie webtuiste wat 'n groot biblioteek van Bybels en navorsings-bronne vrylik beskikbaar stel. Die PWL is die standaard weergawe vir die Afrikaanse blad van BibleHub. 

BibleHub skakel 

Dukhrana

Dukhrana is 'n Aramese Bybel-studie hulpbron wat die Aramese teks interliniêr beskikbaar stel met 'n verskeidenheid van vertalings. Die PWL is een van hulle. 

Dukhrana skakel 

Programme

Hier is 'n lys van rekenaar programme wat die PWL as module kan laai

theWord

theWord is 'n Bybel-studie program wat gratis deur Sergio Kostas vrygestel word. Daar is 'n groot aantal modules beskikbaar, insluitend die PWL Bybel Module. 

Druk die PWL knoppie hieronder om die PWL module af te laai. Druk op die pyltjie om te kies tussen die weergawe met of sonder vers-verwysings. Dubbel-click dan die file op u rekenaar om dit te installeer. Druk die prentjie om na die theWord webtuiste te gaan.

E-Sword

e-Sword is 'n gratis Bybel-studie program met 'n groot aanlyn-gemeenskap en baie modules. Dit is ietwat meer gekompliseerd as theWord, en ons het al probleme met ons PWL module opgetel.

Huidiglik is die nuutste PWL weergaawe nognie beskikbaar hier nie.
Druk die prentjie om na die webtuiste te gaan.

 

Apps

Daar is ongelukkig min apps met die PWL beskikbaar. Die PWL-app is huidiglik onder her-ontwerp en is afgehaal van die app stores af.

Wanneer die PWL-app weer beskikbaar is sal die skakels hier verskyn.

YouVersion

Hierdie app is vrylik beskikbaar op alle platforms. Die PWL vertaling is beskikbaar onder die "Afrikaans" afdeling. 

iPhoneAndroid

MySword

MySword is 'n app wat net op Android fone beskikbaar is en waarop die PWL die default Afrikaanse Bybel is. Dit is net beskikbaar op hulle webtuiste.

MySword