Vader se Kalender

Hierdie is 'n verduideliking van hoe God se kalender werk, hoe die Feeste uitgewerk word en agtergrond op kalenders en hoe ons hulle kan gebruik.

Vader se Fees-Kalender

is op die maan se siklus basseer, soos beskryf in Genesis en Eksodus. 

Ons gebruik hierdie sisteem slegs om die feeste van God uit te werk en om as "geestelike kalender" te dien. Vir ons omgang met die res van die wêreld is die gewone Gregoriaanse kalender heel voldoende en volledig genoeg. 

Hoe werk die jaar?

God het aan die begin die son en die maan in plek gestel as die tekens vir seisoene, "dae" en jare:

​God het gesê: “Laat die ligte in die ruimte van die hemele wees om te onderskei tussen die dag en die nag en laat hulle wees vir tekens en seisoene, vir dae en jare.

Ons moet dus na hierdie twee "ligte" kyk om die tye van God se kalender te bepaal. Die son het 'n natuurlike siklus van 365 dae, 11 ure, 23 minute en 12 sekondes. Hierdie word veroorsaak deur die aarde se beweging rondom die son. Omdat die wentelbaan van die aarde nie 'n perfekte sirkel is nie, word daar twee eweninge (equinox in Engels) en twee sonstilstande (solstice in Engels) gevorm. Die twee eweninge gebeur tydens lente en herfs, terwyl die twee sonstilstande tydens somer en winter gebeur.

Vir meer informasie oor eweninge en sonstiltande, druk die knoppies hieronder.

eweningsonstilstand

Hierdie vier gebeurtenisse is vier sigbare, meetbare merkers van die son-jaar. Maar watter een gebruik mens? Volg mens die Romeine met die einde/begin van die jaar met die winter-sonstilstand (somer-sonstilstand in die suidelike hemisfeer)?

Gelukkig het God vir ons in Eksodus gesê watter tyd Hy in gedagte gehad het:

Hierdie maand [waarin julle uit Egipte trek] sal vir julle die begin van die maande wees; dit sal vir julle die eerste van die maande van die jaar wees.

en

Jy moet die Fees van Ongesuurde Brode hou: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die vasgestelde tyd in die maand Aviv, want in die maand Aviv het jy uit Egipte uitgekom. 

In meeste vertalings word die woord "Aviv/Abib" gebruik. Aviv is 'n Hebreeuse woord wat letterlik "vars" beteken, met 'n kulturele afleiding van "gars". Die stamwoord van Aviv beteken wel "lente", net soos die "spring" van Engels verwys na die sagte groen plantjies wat tydens lente opkom. 

Ons kan hieruit sien dat God sy jaar in die noordelike hemisfeer se lente wil begin. Die sonteken wat in die lente is, is die ewening wat op die oomblik tussen 20 en 22 Maart gebeur, dus kan ons dit as die begin van die jaar gebruik.

Die ewening is ook meer sigbaar as die sonststilstand. Tydens altwee die eweninge is beide die dag en die nag presies dieselfde lengte, so dit is relatief maklik om dit te bepaal. Tydens die sonstilstande is die dag of die nag op die langste, afhangende van watse een 'n mens by is. Dit is dus moeiliker om dit te meet op die dag, want die dag/nag lengtes moet eers vergelyk word met die res van die tydperk s'n. 

Hoe werk die maande?

Die maan se voorkoms verander in die aand soos dit om die aarde wentel. Hierdie fases vat ongeveer 29.5 dae om te voltooi. Omdat die maan so 'n sigbare teken is, en 'n korter tydperk as 'n jaar aandui, was dit geskiedkundig gebruik om die jaar in rofweg 12 maande op te deel. 

So watter fase van die maan gebruik 'n mens? Net soos met die ewening, is die klassieke betekenis van "nuwe maan" die mees sigbaar. Die verskil tussen die "wetenskaplike nuwe maand" en die "klassieke nuwe maand" is dat die eerste werk op 'n naas-0% sigbaarheids-lesing (donkermaan), terwyl die "klassieke" een werk op wanneer die eerste sekel van die maan sigbaar is.

Die rede dat dit belangrik is, is omdat hierdie nie altyd dieselfde dag gebeur nie. Toe God vir Moses gesê het dat "hierdie" hulle eerste maand moet wees, sou Moses nie die "donker" wetenskaplike nuwe maan kon sien nie, maar wel die eerste sekel. 

Die maand in God se kalender hardloop dus van die eerste nuwe sekel, tot die nuwe sekel van die volgende maand.

Waneer is die Nuwe Jaar?

In samevatting van alles hier bo, begin God se jaar dus op die eerste nuwe maan na die lente-ewening (die herfs ewening in die suidelike hemisfeer). Hoe kom ons op dit? Wel, die maande gee die datums vir ons dae. So hoe bepaal mens op watter datum die ewening val as die nuwe maan na die ewening kom? En as mens die vroeër maan gebruik, d.w.s. die nuwe maan wat voor die ewening gekom het, dan begin mens se jaar in die vorige jaar se maand. Om so 'n paradoks te verhoed, het mense in antieke dae, en ons vandag, die eerste nuwe maan na die ewening gevat as die begin van die jaar. 

Die 13dede Maand

Omdat die maan ook nie presies dieselfde siklus as die aarde het nie, sal die nuwe maande elke jaar verskil en nooit op dieselfde datums as die vorige jaar val nie. Dit beteken dat die nuwe maan nie altyd naby die ewening gaan val nie. Partykeer gebeur dit dat daar 'n nuwe maan reg voor die ewening gebeur, en dan moet mens amper 30 dae wag vir die nuwe jaar na die ewening. In so geval gebeur 'n 13de maand outomaties om die dae "tussen jare" te bepaal. 

Daar is wel baie debatte oor dié maand, en vir die doel om God se feeste uit te werk is dit nie nodig nie. Volgens Levitikus 23 kort ons net die datums van die 1ste en die 7de maand. 

Hoe werk die Weke en Dae?

Die volgende vraag is natuurlik dan of dae en weke nog dieselfde werk as in die gewone Gregoriaanse kalender. 

Vir weke is daar darem baie kulturele, Bybelse en geskiedkundige bewyse dat die oorspronklike sewe-dag siklus wat God in geskep het, en gestig het, nie verander het nie. Die Sewende dag bly dus Saterdag soos traditionele kalenders dit aangedui het, en Sondag bly steeds die Eerste dag van die week. 

Die uitwerk en begin van dae het wel ietwat verander. In Genesis 1 lees ons by elkeen van die skeppingsdae dat dit was "aand en dit was môre, die [soveelste] dag". In Levitikus 23 wanneer die Dag van Toedekking beveel word, word daar ook gesê dat, hulle van die negende van die maand , met sononder, die dag moet begin, en dan vas tot die tiende van die maand, sononder. Ons sien dieselfde manier van dae bereken in die Nuwe Verbond waar die dissipels en die vroue op verskeie tye na Yeshua se graf gaan.

Die  dag begin dus met sononder, en so moet al die feeste dus vanaf die aand van die vorige dag gehou word. As 'n Fees op, byvoorbeeld, 30 September val, dan moet dit vanaf 29 Sepember, met sononder gehou word, tot 30 September sononder. 

Kan ek dit self doen?

Ja u kan. 

Dit is baie maklik om die ewening te bepaal, die maan dop te hou en die datums uit te werk volgens die plan in Levitikus 23. 

Daar is baie bronne van informasie aanlyn beskikbaar wat vir u al die fases van die maan, ewenings-datums en ander betrokke informasie kan gee. Kyk gerus na ons Hulpbronne bladsy om die webtuistes en informasiebronne wat ons gebruik te sien. 

Vir gidse om self by die huis die fees-dae uit te werk, druk die knoppies hieronder:

Met die twee hulp-bronne hierbo, asook 'n geoefende maan kennis, kan u maklik binne 'n paar jaar uself leer om die datums uit te werk sonder die hulp van die internet. Onthou net om altyd u berekeninge te toets met die werklikheid wat u sien en God se Woord. 

Die datums hieronder word automaties uitgewerk deur 'n program. Maak asseblief seker om latyd dit met die maan te vergelyk. 
Let op: alle dae begin die vorige aand met sononder. 