net omdat ons omgee
PWL Projekte bestaan uit die herstel van God se voorsiening en Koninkryks-gesindheid hier op aarde. Prakties beteken dit dat ons vir mense sonder onderskeid voorsien in hul behoeftes soos die Gees ons lei. Dit word gedoen soos die leuse sê - net omdat ons omgee. PWL is 'n geregistreerde NPO en is ook as CC geregistreer om werk te kan skep.
As deel van hierdie het PWL saam met boere en vervoerders gewerk om tydens die voortdurende droogtes vir gelowige boere in Clanwilliam, Merweville, en die Williston-omgewing voer en ander benodigdhede te vat vir hulle en hul diere.
As deel van PWL se omgee-beleid word daar ook vanaf 2018 vir behoeftige gelowiges van kos voorsien. Hierdie is wel op klein skaal huidiglik, maar daar word beplan vir 'n baie groter voorsienings-netwerk in die toekoms. Hierdie sluit vars groente en vrugte sowel as ander kos-benodigdhede in.
Vanaf 2020 word daar op 'n groter skaal ook aan organisasies kos geskenk wat dan met behoeftiges werk. Hierdie kos kom onder andere vanaf die PWL se plaas op Bronkhorstpruit wat op 'n klein skaal groente voorsien, asook groter-skaalse skenkings vanaf verskeie winkel-kettings en boere.